SARIE.com – Bruidspaar van die Jaar

SARIE BRUID soek weer die sprankelendste bruidspaar. Is julle tussen 1 Februarie 2015 en 29 Februarie 2016 getroud? Skryf nóú in vir ons gewilde kompetisie en jy kan al hierdie fantastiese pryse wen!

Hoe neem jy deel?

Stuur vir ons dié foto’s

1) ’n Nabyskoot van julle as bruidspaar;
2) ’n vollengte-foto van julle twee
3) en ’n foto van jou eie keuse.
4) Onthou dat elkeen van dié foto’s kleiner as 4 MB en in ’n jpg- formaat (72 dpi) moet wees.

Deel ook jul liefdesverhaal en spesiale trou-oomblikke met ons. Sodra jou inskrywing suksesvol op BRUID.SARIE.com gepubliseer is, sal jy ’n e-posbevestiging kry met die web-adres van jou inskrywing. Stuur dit gerus vir jou vriende en familie sodat hulle kommentaar kan lewer en deel dit ook met al jou Facebook-vriende!

DRIE DROOMNAGTE LANGS DIE BRANDERS

Tintswalo is Sjangaan vir die tasbare gevoel van liefde, vrede en dankbaarheid wat jy uitstraal wanneer jy ’n betekenisvolle geskenk kry, en dis hoe jy voel wanneer jy Tintswalo Atlantic besoek. Die hotel lê aan die voet van Chapman’s Peak in die Tafelberg- Nasionale Park aan die soom van die Atlantiese Oseaan. Die uitsig oor Houtbaai is asemrowend, wat van Tintswalo Atlantic ’n uitnemende trouplek maak. Die hotel is eko-vriendelik, ’n harmonieuse huwelik tussen die natuur en weelderige, wêreldklas-stylvolheid, met uitstekende diens, vriendelike personeel en voortreflike geriewe, sodat gaste kans kry om die elegante akkommodasie in volkome rustigheid te geniet.

’n Troue hier is ’n onvergeetlike geleentheid. Of dit nou ’n formele ete vir 50 is, of dalk ’n intieme viering met net 12 gaste of ’n herhaling van troubeloftes – elke wens sal in hierdie Houtbaai-trouvenue vervul word.

Gaste kan uit verskillende venues kies, bv. die uitkykpunt, met lieflike see- en berguitsigte, of die dek van die rotspoel tussen die branders en die berg. Stokou melkhoutbome om die hotel word saans verlig, wat jou laat voel jy is in ’n sprokieswêreld. Die eetkamerdeure maak oop op die stoep, en gaste kan ook sien hoe kos in die kombuis berei word. Die kamers is net meters van die woelige waters van die Atlantiese Oseaan af – tien suites en ’n tweeslaapkamer-presidentsuite.

Tintswalo Atlantic is die perfekte bestemming vir ’n romantiese okkasie, veral ’n Kaapse troue. Vir besprekings en navrae, kontak Dumi by res3@tintswalo.com of skakel 011 300 8700. Medianavrae kan gerig word aan Casey van Niekerk by casey@nickyarthurpr.com, 021 461 2911.

Die gelukkige wenners van SARIE se Bruidspaar van die Jaar- wedstryd wen 3 nagte vir 2 mense by Tintswalo Atlantic, aandete en ontbyt ingesluit, ter waarde van R28 110. Die prys moet tussen 1 Junie 2016 en 31 Mei 2017, benut word, hoogseisoen uitgesluit. Onderhewig aan beskikbaarheid. Wenners moet self sorg vir vervoer na en van hotel.

Wedstrydreëls