Algemene vrae
Belangrik
Voor jy aanvaar dat jou inskrywing nie ontvang is nie, lees asseblief deur die algemene probleme hieronder. Moenie twee keer inskryf nie. Kontak ons as jy dink jou inskrywing was onsuksesvol.
Ek sien nie my inskrywing aanlyn nie.
- ‘n Kennisgewing om jou inskrywing te bevestig verskyn op jou skerm.
- Dit kan ’n ruk neem voordat jou inskrywing aanlyn verskyn.
- As jy dit nie dadelik sien nie, moet asseblief nie jou bladsy verfris nie en kyk later weer.
- Jy sal jou inskrywing vir SARIE se Bruidspaar van die Jaar hier vind.
My foto’s laai nie op nie.
- Maak seker jou foto’s se name bevat geen simbole of diakritiese tekens nie.
- Drie foto’s word toegelaat as ’n JPEG of PNG en dit moet kleiner as 6 MB wees. Die foto’s moet portretstyl wees en nie in landskapformaat nie.
My naam / van / ouderdom is verkeerd op die inskrywing.
- Stuur ’n e-pos aan bruidspaar@sarie.com met ’n skakel na jou inskrywing en die korrekte inligting.
Hoekom word R100 intekengeld gevra?
- Dit is om te verseker dat ons kan voortgaan om wonderlike artikels te skryf om jou op hoogte van die jongste mode- en skoonheidsnuus te hou.
- Jou R100 en voortgesette geesdrif en deelname maak dit alles moontlik.