• Home
  • Skryf-in
  • Inskrywings
  • Wedstrydreëls
  • Terug na SARIE.com
← Terug na die inskrywings
Nicole Hamman-Forrest en Ivan Forrest Forrest

Nicole Hamman-Forrest en Ivan Forrest Forrest

Bruid se naam: Nicole Hamman-Forrest
Bruidegom se naam: Ivan Forrest
Bruidspaar se van: Forrest
Troudatum: 10/20/2018
Dorp/Stad waar troue plaasgevind het: Vereeniging
Provinsie: Gauteng
Onthaalplek: NG Kerk Suikerbos
Beskryf you troudag: Perfek. Van die begin af wou ons 'n gemaklike vrolike gesellige troudag he. Nadat ons mooi hieroor gedink het, het ons besluit om ons troudag met die gemeente te deel waar ek predikant is. Ek en die gemeente kom al tien jaar saam en ons weet hulle het ook saam gebid vir my vir 'n goeie lewensmaat. Dit was 'n rustige oggend vir ons albei. Ek het by die pragtige Three Rivers Lodge aangetrek en my man by sy ouerhuis. My rok is een van die mooiste rokke wat ek al gesien het en verseker die mooiste een wat ek al gedra het. Na ek 'n paar meer tradisionele rokke aangepas het en 'n paar rok plekke gekontak het, het ek besef ek kry nie wat ek soek nie. Tot ek hierdie materiaal gesien het en dadelik daarop verlief geraak het. Tarien by Kyna Consili het presies verstaan wat ek wou he en dit was heerlik om saam met haar te werk. Die diens was vir ons die belangrike deel van die dag en ons was heel gemaklik om dit 11h die oggend, in ons gemeente se kerkgebou te hou. Die kerk het pragtig gelyk! Ek het papierblomme gemaak vir die padjie kansel toe. Die kansel is weggeskyf en ons het die liturgiese ruimte gesellig gemaak met matte en banke en gehekelde kombersies, asook klein glasbotteltjies vol blomme wat agter afhang. Daar was baie blomme in glasbotteltjies en kerse wat rond gestaan het. Die tema was immers blomme. Daarom was daar allerhande bont blomme orals gewees. My sussie was my regterhand wat gehelp het om al my idees te laat realiseer en my ma die kreatiewe moeder wat reg gestaan het om alles te verf wat moes geverf word. Dit was 'n groot oomblik toe die deur oopgaan en ek en my boetie staan daar. Ons harte was opgewonde, tog seer omdat ons my pa in April 2018 verloor het. Maar die steunpilaar wat my boetie vir my is, het hy so mooi saam my die padjie afgestap na my aantreklike bruidegom toe, terwyl my musiekjuffrou, wat my en Ivan aan mekaar voorgestel het, Benedictus van Karl Jenkins op die orrel speel. Nadat ons gaan sit het op ons bankie het die mooiste diens begin. Vier van my predikantsvriensdinne het almal saam die huweliksdiens gelei. My border collie Charlie het die ringe vir ons ingebring nadat ons ons eie huweliksbeloftes aan mekaar afgelê het. Die diens is afgesluit waar al vier predikante die seën oor ons en die gemeente uitspreek. My hart was vol liefde op daardie oomblik, want om een van jou kosbaarste, mees spesiaalste, grootste oomblike in jou lewe met al jou geliefdes te deel is ongelooflik. Hier staan ek, omring met die mooiste blomme, in die mooiste rok ooit met my man wat die mooiste mens ooit is voor familie, vriende en die gemeente. My sussie se spysenieringsspan by Moeggesukkel het al die pad van Centurion afgekom om te help en ons het heerlike vingeretes gehad, al die peuselhappies was waarvan ek en Ivan hou asook die mooiste koeke om van te kies. Die troukoek was 'n heerlike vrugtekoek wat een van my beste vriendinne gebak het. Ons dag was vol vreugde en liefde met klomp mense wat ons gehelp en bederf het. My niggie het die fotos geneem en ons het dit so waardeer dat sy die dag vir ons so mooi vasgevang het. Teen die einde van die dag toe ons skoene kon uitskop was ons verbaas oor hoe vinnig dit gegaan het, maar ons was albei gevul met 'n rustigheid oor ons weet dit was die perfekte dag vir ons.
Nicole Hamman-Forrest en Ivan Forrest ForrestNicole Hamman-Forrest en Ivan Forrest ForrestNicole Hamman-Forrest en Ivan Forrest Forrest
Keer gedeel
Klik hier om te stem Print this page
x

Stem

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Kopiereg 2019 SARIE. Alle regte voorbehou. Terug na SARIE.com