Bruid: Amanda Prigge
Bruidegom:
Liefdesverhaal: Lentedans 1987, ons oë het ontmoet en boom, verlief. Ons was nog kinders. Dit het nie gewerk nie. Hy trou, ek trou, sy vrou sterf, my man sterf. 5 Jan ’24 kom kuier hy vir ‘n naweek en besluit hy trek Vryheid toe. 19 Jan’24 trek hy. 23 Jan’24 vra hy my hand, 12 Feb’24 doen ons die trou ding en 6 April’24 die bruilof. Boom. Ons is super gelukkig. Ons was eerste liefdes. Wat sê hulle van die liefde van jou jeug? Ps, dis waar. Hy behandel my soos ‘n Godin en hy is my Prins. Ware liefde vra nie vrae nie. Ons is nie meer kinders nie, maar sien so uit na ons toekoms saam. Ons is verlief soos tieners❤️
Spesiale oomblik van troudag: Alles was simbolies. Daar was nessies as dekor, ons gaan nou in 1 nessie bly. Vlinders teen die pilare, die vlinders in my maag as ek sy naam hoor. Herfs kleure, ons is in ons ‘herfs’ jare. Bruin rose, dis uniek. Rys vir konfettie, liefde wat nie sleg word nie en die ‘Love Birds’ kan voed. Poedel as ringdraer. Klein intieme troue. Almal om 1 groot tafel gesit. Dit was perfek.
Onthaalplek: Vryheid
Dorp/Stad: Vryheid
Beskryf die troue in drie woorde: Simbolies, Ontspanne, Vreugdevol
Troudatum: 12/02/2024
Fotograaf: Magda Viktor