Bruid: Alet Hamilton
Bruidegom: Scott Hamiton
Liefdesverhaal: Scott en ek het 7 jaar terug ontmoet gedurende n aand uit. Dit het ons twee jaar gevat om agter te kom daar is ‘n toekoms vir ons. Ek en Scott was op 8 Februarie 2025 vir 5 jaar saam. Gedurende die 5 jaar het ons beide baie gegroei individueel en saam as ‘n paar. Ons het beide werke gekry, my ouers se drie honde aangeneem, drie keer getrek ek en Scott het beide nog geswot en ons het onlangs verhuis na die Kaap. Scott het my gevra om te trou op 27 Desember 2023 in Dubai by die Museaum of the Future, my ouers het daardie tyd in Dubai gebly. Scott het die Musuem of the Future gekies omdat ons daardie aand die toekoms kon sien en op 27 Desmeber 2023 is die aand wat Scott en my se toekoms saam begin het. Ek sal ons liefdesverhaal beskryf as: ‘n avontuur, vriendskap , standvastig, liefdevol.
Spesiale oomblik van troudag: Die onthaal, om ons familie en vriende saam te he en dat hulle die dag saam met ons geniet het. Gedurende die onthaal het almal gedans, gelag en saam gesels.
Onthaalplek: The Stone Cellar
Dorp/Stad: Heidelberg
Beskryf die troue in drie woorde: Gesselig, Liefde, Hartverwarmend
Troudatum: 27/04/2024
Fotograaf: Lightburst Photography