Alet-Mari Rossouw



Bruid: Alet-Mari Rossouw



Bruidegom: D’Niel Rossouw



Liefdesverhaal: In die somer van 2021 bevind ek, ‘n 3de jaar chemiese ingenieur Stellenbosch-student, myself terug in my tuisdorp, Swellendam, vir vakansiewerk. D’Niel, wat ook ‘n chemiese ingenieur is, het pas by dieselfde maatskappy begin werk. Hy het my uitgenooi vir koffie na werk en het speels belowe dat ons net oor stoompype gaan gesels, aangesien my vakansieprojek oor stoompype gegaan het. Op die laaste naweek van my vakansiewerk het ons in die woud gaan stap. Daar was ’n koel-lawende bergpoel, hoog teen die berg se hang. Hier het ons gister, môre en vandag begin. In die natuurskoon se towerspel het ons gelag, gesels en mekaar leer ken. Ons het vinnig van kollegas na vriende en toe na verliefdes gevorder. So het ons liefdesverhaal in die rustige dorpie waar ons paaie gekruis het, begin.



Spesiale oomblik van troudag: Ons grootste oomblik is vasgevang in die son wat deur die blare van die eikebome syfer, die bries wat deur die kapel se venster my sluier ritsel, my hande in syne, sy oë vol liefde en sekerheid, en woorde van ewige trou. Hierdie oomblik van intieme verbintenis laat my met absolute sekerheid weet dat ons pad saam ’n avontuur van liefde en geluk in goeie en swaar tye sal wees.



Onthaalplek: Kaleo Guest Farm



Dorp/Stad: Koue Bokkeveld



Beskryf die troue in drie woorde: Perfeksie, Elegant, Gesellig



Troudatum: 13/01/2024



Fotograaf: Marelize Bosman



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media