Alida Rangasamy




Bruid: Alida Rangasamy



Bruidegom: Chris Rangasamy



Liefdesverhaal: Ons het mekaar ontmoet in ons kerk. Ons was vir jare net kennise, en het hier en daar in mekaar vas geloop en gesels. In 2020 het Chris die eerste move gemaak en met Alida begin gesels oor Instagram. Dit het geskuif na 30-minuut lange voice notes, en baie lang oproepe. So het ons altwee besef dat ons baie goed in gemeenskap het, soos ons liefde vir die see, natuur, diere en chick-flicks. Op ons eerste date het ons gaan stap in die Magalies berge, en van toe af het ons mekaar amper daagliks gesien. Oor die 3 jaar wat ons uitgegaan het, het ons gereeld saam Alida se familie in Knysna spandeer, en so het dit n spesiale plek vir ons geword.



Spesiale oomblik van troudag: Alida se ouers het mekaar in 1987 leer ken in die Nasionale Jeug Orkes en saam viool gespeel vir die Pretoria Universiteit se Simfonie Orkes. Op hierdie troudag het hulle ons verras met n item, waar hulle “The Blessing” oor ons gespeel het. Hulle het jare laas gespeel, maar het besluit om bymekaar te kom, skelm saam te oefen vir weke voor die dag, en hierdie saam gespeel. Almal het gehuil!



Onthaalplek: Pezula Heaven Can Wait (Het n huis gehuur en intieme troue met 30 gaste)



Dorp/Stad: Knysna



Beskryf die troue in drie woorde: Geestelik, Modern, Elegant



Troudatum: 02/12/2023



Fotograaf: Andrea Cronje


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media