Altea Strauss




Bruid: Altea Strauss



Bruidegom: Viviers Strauss



Liefdesverhaal: In 2015 is beide ek en Viviers gestuur om ons leierskapskwaliteite af te rond. Aan die voet van Tafelberg ontmoet ons vlugtig vir die eerste keer en glimlag vir ‘n foto. Onbeindruk deur mekaar se teenwoordigheid gaan ons onderskeie lewens voort, tot op ‘n dag in die winter van 2021. Die eerste sneeu bedek die Franschhoek berge toe Viviers, met ‘n welige snor, my hart en wintershande warm hou teen die koue yslug. Viviers doen toe al die tyd die gesegde gestand “Wie nie snor nie, gaan nie score nie”.
Soos ‘n ware ridder op die saal van sy ‘Specialized” witperd, diamantring in die sak, tydens die Argus in 2023 en bo-op Chapmanspiek, sak Viviers op sy linkerknie neer om die ja-woord te vra. Sonder om te huiwer sê ek toe natuurlik ja en so begin ons lewensreis saam.



Spesiale oomblik van troudag: Toe die Swartlandsonsak die landerye goud verkleur word Bakenhof se glaspaleis, versier met koningsblou krismisrose, die perfekte spasie om die pasgetroude Strausse se vir ewig te vier. Om onder ‘n sterrehemel, op ‘n koningsblou rusbank te kon terugsit en die feesvieringe in die onthaalsaal waarneem, was ‘n hoogtepunt. Om gelyktydig gevul te wees met die woorde magies en perfek, een groot voorreg.



Onthaalplek: Bakenhof



Dorp/Stad: Wellington



Beskryf die troue in drie woorde: Magies, Glansend, Vreugdevol



Troudatum: 02/12/2023



Fotograaf: Matthew Carr Photography


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media