Bruid: Amber van Wyk
Bruidegom: Wernes van Wyk
Liefdesverhaal: Ons liefdesverhaal het tydens COVID begin. Ek het by my ma gewoon en alhoewel ek haar baie liefhet, het ek ander geselskap nodig gehad tydens lockdown. Ek het Tinder afgelaai en begin swipe. Aanvanklik wou ek net virtueel mense leer ken, maar toe ek vir een laaste ou, Wernes, ’n boodskap stuur, was ek onbewus dat dit my lewe sou verander. Na baie geselsies op WhatsApp het ons ’n diep band gevorm. Toe COVID-regulasies verslap, het ons uiteindelik ons eerste koffiedate gehad. ‘n Maand na ons eerste in-persoon ontmoeting het ek Wernes se familie ontmoet, en toe ek sy verhouding met sy ma en susters beleef, het ek besef hy is my lewensmaat. Ons het daarna vir jare oor wyn, draf, en braai-aande gebond. Na twee jaar het ons verloof geraak en na nog ‘n jaar ons sprokiesverhaal-troue gevier.
Spesiale oomblik van troudag: Ons deel ‘n liefde vir wyn en het selfs blinde wynproeë by ons huis gehou. Ons het dus elkeen ons gunsteling wyn gekies en dit by ons seremonie gemeng, as ‘n simbool van ons eenwording. Wernes se wyn was een wat hy gekoester het toe ons net ontmoet het, en myne was ‘n Du Toitskloof-boksie – almal het ons al geken met so ‘n boksie. Hierdie mengsel simboliseer dat ons nie geskei kan word nie.
Onthaalplek: Country Sjiek
Dorp/Stad: Wolseley
Beskryf die troue in drie woorde: Gemaklik, Pret, Eg
Troudatum: 02/12/2023
Fotograaf: Film & Fig