


Bruid: Amoné de Jager
Bruidegom: Johan de Jager
Liefdesverhaal: Ons het ontmoet Desember 2020. Ek en sy jongste broer was vriende van Universiteit af en het toevallig op die selfde plek vakansie gehou daardie jaar. Lang storie kort ek het dadelik gedink die man is baie oulik en wou hom graag beter leer ken. En na ons eerste date was ons altwee verlief. Op 21 Maart 2021 vra hy my om sy meisie te wees (my eerste kêrel), en op 25 Maart 2023 vra hy my om sy vrou te word op sy knieg onder ‘n maroela boom in Thornybush, Hoedspruit. Ons gunsteling plek. Ons het daarna op ‘n game drive gegaan om dit te vier, maar al was daar olifante en ander diere was ek net in verwondering oor my mooi ring.
Spesiale oomblik van troudag: Een van die baie spesiale dele van ons troudag wat die meeste vir my uitgestaan het was ons diens in die kerk. Dit was so gevul met die Here se teenwoordigheid en om trou aan mekaar te kon beloof voor Here en al die spesiale mensen in ons lewe was besonders. En dan natuurlik ook ons kleurvolle onthaal onder die sterre in die bosveld. Daar was behoorlik gedans en fees gevier.
Onthaalplek: Tsekama Wedding Venue
Dorp/Stad: Nylstroom Limpopo
Beskryf die troue in drie woorde: Liefdevol, Kleurvol, Sprokiesmooi!
Troudatum: 19/08/2023
Fotograaf: Photos By Mignon