Amor Daddy



Bruid: Amor Daddy



Bruidegom: Herbert Daddy



Liefdesverhaal: Ons storie het reeds 22jaar gelede begin, min het ons toe geweet!
In 2021 kruis ons paaie weer ; Herb 45 geskei en ek op 35 enkellopend met vrede dat my toekoms nie ‘n troue inhou nie, MAAR die Here is vol verrassings.
Ons het ons vriendskap wat in ‘n verhouding ontwikkel het ‘n saak van gebed gemaak en wou honderd present seker wees, aangesien Herb ook die pa van twee pragtige kinders is.
Desember 2022 raak ons verloof en Desember 2023 hou ons troue!
Wat ‘n voorreg en seen om Mev Daddy te wees en onvoorwaardelik lief te wees vir my twee bonus kinders.
As jy effe ouer is, is jou droomtroue baie moontlik,want die Here se tyd is die regte tyd!



Spesiale oomblik van troudag: Ek en my pa(Dad) stap die kapel in op Die Seen van Riana Nel en Retief Burger , dit voel of my hart by my keel wil uitspring, Herb draai om en die oomblik toe ons oe mekaar vind toe weet ek, ek is tuis! Van Dad se arm tot Mev Daddy.
Buiten die trane, uitbundige lag en vreugde was ons dag gevul met die tasbare en diepe teenwoordigheid van die Heilge Gees.
Soli Deo Gloria



Onthaalplek: BRAHMAN HILLS WEDDINGS, EVENTS, HOTEL AND SPA



Dorp/Stad: NATAL,MIDLANDS



Beskryf die troue in drie woorde: GOD SE HEILIGE GEES, LIEFDE, VREUGDE



Troudatum: 09/12/2023



Fotograaf: LAURA JEAN PHOTOGRAPHY



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media