Bruid: Amy Gutsche
Bruidegom: Ethan Gutsche
Liefdesverhaal: Stel jou voor: ‘n paar kinders speel in ‘n swembad op ‘n plaas in die Oos Kaap. En kort voor lank breek daar ‘n ‘Pool Noodle’ geveg uit wat vir min skrik wat deur Ethan gedryf is. Wie sou dink dat ek en Ethan 13 jaar later, net ‘n paar meter van daardie swembad af, ons ononderbroke beloftes sou aflê. Ek en Ethan het saam groot geword. Ons was in die selfde kerk , die selfde laerskool, die selfde hoërskool en toe bly ons oorkant mekaar op universiteit.Jy sou dink dat ons “childhood sweethearts” was, maar dit was nie die geval nie. Dit het ons 12 jaar geneem, en in die laaste jaar van ons studies op Stellies het hy die moed bymekaar geskraap om vir my te sê dat hy van my hou, en kort daarna het ek my eerste kêrel OOIT gehad… ‘n titel wat nie lank gehou het nie.
Spesiale oomblik van troudag: Die week van ons troue het dit baie op die plaas gereën. Almal het hard gewerk om die familieplaas gereed te kry vir die groot dag. Met meer reën oppad, het ons op God vertrou en geweet dat ons die beste van ‘n modderige situasie sou maak.
Saterdagoggend, 5 Augustus 2023, het aangebreek en ons is begroet met sonskyn en ‘n temperatuur van 30 grade in die middel van die winter! Dit was net perfek!
Onthaalplek: Woodlands Farm
Dorp/Stad: Humansdorp
Beskryf die troue in drie woorde: PRET, Geseënd, Wonderwerk
Troudatum: 05/08/2023
Fotograaf: The Knoxs