Bruid: Anèl Kruger
Bruidegom: Stefan Kruger
Liefdesverhaal: Om Stefan te ontmoet en verlief te raak was soos om huis toe te kom na ‘n reis met hartseer en goeie tye, en om eers stadig en toe “all at once” te weet, hier is hy nou. Ons nommers is uitgeruil deur mense wat ons onderskeidelik nie geken het nie, dus was die Here se hand in ons ontmoeting op Vrydag die 13de, die gelukkigste dag ooit. Ons is albei 1984 baba’s en het al ‘n pad gestap met ‘n kankerdiagnose en verlies, hartseer en hoop, saam met liefdevolle gesinne, maar sonder ‘n lewensmaat, wat ons uiteindelik na mekaar gelei net voor ons 40 geword het. Ons albei se eerste huwelik. In Stefan se arms raak ek rustig en besef ek wat die ware skatte in die lewe is. Ek is ‘n vuurvreter, hy ‘n rustige stroom. Saam is ons ‘n span wat mekaar aanvul, en die belangrikste van alles net liefhet.
Spesiale oomblik van troudag: Oomblikke tussen mense bly onvergeetlik. My ma se gebed,‘n geskenk van my skoonma wat diep geraak het, toe ek my pa die eerste keer sien, en toe my man. Ons moes ry van die kerk na die venue en het dus ‘n oomblik alleentyd gehad. Ons kon die kerkdiens herroep en saam voorberei vir die onthaal. Daardie oomblik van stil word het ons gegrond en die doek oopgegooi waarop ons die nag geskilder het.
Onthaalplek: Beaurain venue
Dorp/Stad: Heidelberg
Beskryf die troue in drie woorde: Tydloos, Genade, Feestelik
Troudatum: 10/02/2024
Fotograaf: Cinastage en RDK photography