


Bruid: Anina Smith
Bruidegom: Dean Smith
Liefdesverhaal: Dit het alles in die drama klas begin. Ek was graad 10 en hy graad 11. Ons het goeie vriende geword en dit was eers toe Dean klaar was met skool dat hy ‘n kans gewaag het op iets meer as net vriende. So het ons liefdes verhaal begin. ‘n Jaar later is ek Stellenbosch toe om my studies te begin, Dean het al gewerk en die liefde het net aanhou blom. In my finale jaar van studies het Dean in Augustus die knie gebuig en my gevra om te trou. Agt maande later het ons sprokies dag aangebreek en alles het in plek geval.
Spesiale oomblik van troudag: Twee van die mooiste oomblikke van ons troudag was definitief die “first look” saam met my pa. Dit was ‘n bitter sweet oomblik tussen pa en dogter en die trots in sy oë is ‘n gevoel en kyk wat nie beskryf kan word nie. Dan is daar ook die gedeelte in ons seremonie wat my pa gebruik het om ons huwelik te seën en vir ons as nuwe huwelik maats kon bid en Woord gee wat ons saam met ons kon neem.
Onthaalplek: Dwarsberg Trout Hideaway
Dorp/Stad: Rawsonville
Beskryf die troue in drie woorde: Perfek, Feestig, Sneakers
Troudatum: 01/04/2023
Fotograaf: Megan & I