


Bruid: Aniska de Waal
Bruidegom: Jacques Barnard
Liefdesverhaal: Ons het mekaar 14 jaar gelede op Wellington ontmoet – ek ‘n eerstejaar en hy ‘n senior. Ons het vinnig vriende geraak en ook verlief geraak, maar dit nooit teenoor mekaar erken nie. Met hierdie geheim, het ons paaie geskei – Jacques is getroud en ek het in Oman gaan werk. Na ‘n tragiese ongeluk waarin sy vrou oorlede is, is hy Qatar toe, en na 9 jaar van geen kontak met mekaar, kry ek op ‘n dag ‘n Facebook-boodskap: hy is in my tuisdorpie, Heidelberg. Hy kuier toe by sy broer vir ‘n paar dae wat toevallig daardie jaar soontoe verhuis het (net om kort daarna Kaap toe te trek) en ek het net 2 dae voor die boodskap in Suid-Afrika geland. Ons ontmoet mekaar vir koffie en met die eerste oogopslag was ons van voor af verlief, maar hierdie keer het ons mekaar nie deur die vingers laat glip nie.
Spesiale oomblik van troudag: My droom was om buite tussen die bome te trou, maar dit het stadig begin wegkwyn toe die weer-apps storms vir ons troudag voorspel en ons daardie oggend in ‘n sopnat Caledon wakkerword. Twee ure voor ek in die paadjie moes afstap, het die reën verdwyn en die bome het gewieg in ‘n ligte briesie soos my pa my kapel toe lei. Alhoewel yskoud, was niks nat of bederf nie – ‘n absolute wonderwerk van bo.
Onthaalplek: Die Woud
Dorp/Stad: Caledon
Beskryf die troue in drie woorde: Poskaartmooi, Onvergeetlik, Sielsgelukkig
Troudatum: 22/04/2023
Fotograaf: Kobus Tollig