Bruid: Anja Landman
Bruidegom: Alexander Landman
Liefdesverhaal: Ons liefdesverhaal het begin in 2020 toe ons by n vriende koffie mekaar ontmoet het! Hyt toevalig vir my en my niggie kom optel en hy was “love struck” die oomblik wat ek in die kar geklim het. Hyt die hele tyd in die spieeltjie vir my gekyk. Toe ons weer sien was dit net ons twee wat gekoffie het vir 3 ure! n week later het ons weer op n koffie date gegaan by Daytona Cars in Melrose Arch vir 5 ure lank, daar ons eerste soen gehad en twee weke later toe se ek vir hom ekt hom lief! Ons was regtig head over heels van die begin af en vul mekaar mooi aan in elke opsig! Ons beste tye saam is as ons stoeptee in die middae of op koffie dates gaan! Ons het in 2023 verloof geraak op Glentana strand in Goerge ( dit was n verrasing vir my) en sewe maande later ons droom troue gehad!!
Spesiale oomblik van troudag: Ek kon nie wag om aftestap in die kerk in! Ek kon nie wag om my droom man te sien in sy mooi pak nie! Ons beste memories van ons trou dag is dat elke persoon wat ons genooi het was daar gewees. Vir my en Alexander was ons Ceremony die mooiste deel van ons dag! Ons was albei emotioneel en so opgewonde om mekaar sin te wees en voor die Here onsself vir mekaar te belowe!! Ek kon nie ophou smile nie!
Onthaalplek: Whispering Thorns
Dorp/Stad: WitRivier
Beskryf die troue in drie woorde: Perfek, Magical, Liefdevol
Troudatum: 17/02/2024
Fotograaf: Esmerayphotoandfilm