Bruid: Ankia Prinsloo
Bruidegom: Anton Prinsloo
Liefdesverhaal: Daar was ‘n seuntjie en ‘n dogtertjie
Twintig-agttien was die jaar
Toe hy haar die eerste keer
Op Stellenbosch Kampus gewaar
Hy kan sy oë nie van haar af wegneem nie
Tussen wingerd, berg en sekelmaan
En elke keer as sy glimlag
Dan glimlag hy, stil, saam
Hy raak verlief op hierdie dogtertjie
Sy is asemrowend-verby
Die meisie met die glimlag en die dimpel
Wat aan sy hart se klokkie lui
Die seuntjie en die dogtertjie
In die Eikestrate van Stellies
Leer mekaar toe bietjie beter ken
Wit hemp, groen broek, leesbril en vellies
En onder die volmaan en die helder sterre
Soen hy haar een aand sag
En ‘n storie word gebore
In daardie onvergeetlike nag
‘n Storie wat getuig van liefde
Van God se genade en Sy trou
Die seuntjie nou gelukkiger as ooit
En die engel-dogtertjie, ses jaar later, sy vrou
Spesiale oomblik van troudag: Dit is bitter moeilik om een oomblik uit te sonder – die hele dag het vir ons soos ‘n sprokie gevoel. Maar ons gunsteling herinnering moet wees toe ek en my pa oor die water in die Kapel ingestap gekom het – my sluier was deur die wind geskep en het in die water agter my gesleep terwyl ek ingestap het. Tussen Anton en al ons gaste, was daar nie veel droeë oë tydens daardie spesiale oomblik nie!
Onthaalplek: Bosjes
Dorp/Stad: Worcester
Beskryf die troue in drie woorde: Elegant, Eteries, Romanties
Troudatum: 27/01/2024
Fotograaf: Jané Ulla