Bruid: Anneke Schoeman
Bruidegom: Charl Henri Schoeman
Liefdesverhaal: Vandat ons mekaar in graad 11 in die wiskunde klas ontmoet het, is ons beste vriende. Dalk sulke goeie vriende dat almal gedink het dat ons uitgaan voordat ons dit self besef het. Na skool het ons Stellenbosch beleef as meisie en kêrel. Ons sal nooit die middagetes in die Neelsie of die koffie in die skadu van die Rooiplein se eikebome vergeet nie. Op ons verlowingsdag was dit die warmste dag in menseheugenis, wat nie die toekomstige bruidegom se taak van op een been staan makliker gemaak het nie. Ons het die voorreg gehad om saam te studeer, saam te gradueer en saam die wêreld aan te pak as getroudes. Hoewel meeste mense nie in sprokiesverhale glo nie, sien ons uit om lank en gelukkig saam te lewe, tot in lengte van dae.
Spesiale oomblik van troudag: Ons het ons eie huweliksgeloftes geskryf, en daar was nie ‘n enkele droeë oog in die gehoor nie. Die bruidegom was eerste aan die woord, en sal nooit die bruid se glimlag vergeet toe hy belowe het om altyd haar te kies nie. Volgende het die bruid gesê dat sy dankbaar is om al baie rolle in die bruidegom se lewe te kon speel, maar dat sy nooit sal ophou om sy vriendin te wees nie.
Onthaalplek: The Key
Dorp/Stad: Robertson
Beskryf die troue in drie woorde: Sprokiesagtig, Tydloos, Intiem
Troudatum: 25/11/2023
Fotograaf: Elana van Zyl