Anneke van der Merwe



Bruid: Anneke van der Merwe



Bruidegom: Stephan van der Merwe



Liefdesverhaal: Ons het mekaar ontmoet by Juan Boucher se optrede in Middelburg. Stephan het net terug gekom van Amerika af. Hy het die aand vir my gesê: “Ek gaan nog met jou trou.” Ek het natuurlik net vir hom gelag, min het ek geweet hierdie boerseun gaan hierdie stadsmeisie se voete onder haar uitslaan. Ek was baie hardkoppig, ek kon nie glo ekt iemand gevind wat my so onvoorwaardelik lief het, waar is die “catch”? Maar my redder in sy Hilux bakkie het my hart gewen. Die Here het my gebede verhoor en my lewenspad wat gelei het na hierdie man het vir my begin sin maak. Ons vul mekaar aan, staan mekaar by, groei saam in ons Geloof en jaag mekaar se drome na. Dit is so lekker om die lewe saam mekaar aan te pak ons is nie meer twee nie maar nou een in Hom. Ekt my liefde gevind waaroor ek gedroom het.



Spesiale oomblik van troudag: Ons het 4 seisoene gehad in 1 dag, storm winde toe gevolg deur warm somer net betyds vir ons fotos, storm reën en saam dit die koue. Dit was vir my n simbool van die huwelik, jy gaan deur baie seisoene maar die Here sal jou altyd terug bring na n plek van liefde, saam mekaar.
Die emosies van my man toe ek in die kerk instap, n boer huil mos nie maklik.
Die rugby finals, need I say more?



Onthaalplek: Ribbokkloof



Dorp/Stad: Middelburg



Beskryf die troue in drie woorde: Emosioneel, Vreugdevol, Geseënd



Troudatum: 28/10/2023



Fotograaf: Purple Polka Dot Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media