Anrike Rust



Bruid: Anrike Rust



Bruidegom: JP Rust



Liefdesverhaal: My en JP se liefdesverhaal het op Stellenbosch begin, by ‘n 30 seconds skakel. Ek was eerstejaar en hy was derdejaar. Na die skakel het ons mekaar so driekeer weer raakgeloop. ‘n “Facebook friend request” en vier maande later het hy my op Leeukop uitgevra terwyl die son agter ons sak. JP se beurs het hom, na sy studies, PE toe gestuur waar ons toe vir 4 jaar die uitdagings van ‘n langafstandverhouding moes trotseer. Dis hoe ek besluit het om PE toe te trek. ‘n Dag voor ons die pad PE toe moes aandurf, het JP my gevra om te trou. Hy het my verras met ‘n helikopterrit en vonkelwyn waar ons daarna gery het na Spice Route vir my eintlike “farewell” wat toe al die tyd ons verlowingspartytjie was. Na 7 jaar se saamwees, het ek en JP uiteindelik die knoop deurgehaak.



Spesiale oomblik van troudag: My broer het 4 maande voor ons troue Nieu-Seeland toe getrek en sou nooit die troue kon bywoon nie. Die aand voor ons troue, tydens ‘n familiebraai, het JP ons laat weet daar is ‘n boodskap van ver af is wat hy met ons wou deel. Dis om daardie oomblik waar my broer ingestap gekom het en ons hele familie kom verras het! Hy het amper 25 ure gevlieg om ons spesiale dag by te woon.



Onthaalplek: Old Tannery



Dorp/Stad: Wellington



Beskryf die troue in drie woorde: Uniek, Glansryk, Opwindend



Troudatum: 27/05/2023



Fotograaf: Megan & I



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media