Bruid: Beatrice Marx
Bruidegom: Franco Marx
Liefdesverhaal: Ons was twee 13 jarige kinders wat ‘n belofte aan mekaar gemaak het en hier is ons vandag getroud, beste vriende en sielsgenote. Die Here het dit eintlik alreeds in die sterre geskryf toe ons 3 jaar oud was en ek by Franco se verjaarsdag partytjie was. Toe kom hoërskool en ons paaie kruis weer net om nooit weer te skei nie. Van die oomblik toe ons ontmoet het is ons mekaar se rots, vertrouelinge en grootste “supporters”. In ons elke dag se lewe is Franco se kalmte en rustigheid my veilige hawe, en aan die anderkant hou my babbelende en besige persoonlikheid weer vir Franco op sy tone. Ons is eindeloos dankbaar vir die liefde en geluk wat ons in mekaar se lewe bring en sal dit nie as vanselfsprekend aanneem nie. Ons weet dat ons altyd vir mekaar genoeg sal wees.
Spesiale oomblik van troudag: Franco se emosies toe ek die kerk instap en ons beloftes aan mekaar is iets wat ek altyd sal koester. Ons lekker feesviering saam met ons geliefdes.
Onthaalplek: Bella Cardi
Dorp/Stad: Kimberley
Beskryf die troue in drie woorde: Hartroerend, Onvergeetlik, Elegant
Troudatum: 14/10/2023
Fotograaf: Marlé Fourie/MM Photography