Cara-Jo Rix



Bruid: Cara-Jo Rix



Bruidegom: André Alfred Rix




Liefdesverhaal: Twee kunstenaars ontmoet mekaar. Een ʼn stadsmeisie van Pretoria en die ander ʼn boer uit die Kaap. In 2020 dwing Covid 19 my terug Suid-Afrika toe uit Sjina. Met ‘n draai in die Kaap, op die dag van my terugkeer Pretoria toe, was my vlug met vyf ure vertraag. So ontmoet ek vir André. So gesels ons vir vier maande op die foon voordat ons mekaar in persoon beter kon leer ken. Na ons volgende kuier in die Kaap, het ons geweet die Here het alles mooi beplan. Vir ‘n jaar of wat het ons heen en weer gekuier en in 2022 het ek in Suid- Korea begin skoolhou. Ons het saam besef dat die afstand ons liefde net sterker gemaak het, en binne ‘n jaar het ons myle uitmekaar, ons troue saam beplan. Ek het drie weke voor die troue na Suid-Afrika terug gekeer vir die laaste troureëlings en vir ons Groot Dag!



Spesiale oomblik van troudag: Alles het net meesterlik verloop; om my man se reaksie te sien toe hy my in my eie handgeverfde trourok sien tot ons eerste soen as man en vrou en dan natuurlik ons dans, met net drie lesse kon ons met trots sê ons het almal en onsself verbaas. Nog ‘n hoogtepunt was dat ons vriende ‘n verrassingslied geskryf en gesing het,wat ons beide laat lag en huil het. Die plek,kos en ons mense was feestelik!



Onthaalplek: OnderEngele Trou Venue



Dorp/Stad: Brits



Beskryf die troue in drie woorde: Kleurryk, Liefdevol, Feestelik



Troudatum: 14/10/2023



Fotograaf: Diverse Studio



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media