Bruid: Carla Conradie
Bruidegom: Rohan Conradie
Liefdesverhaal: Ons het mekaar ontmoet in 2013 by ‘n skool byeenkoms, waar nie een van ons op skool was nie. Dit het alles begin met klein stukkies papiertjies. Rohan net agter my gesit, sy kaartjie opgeskeur in stukkies en my daarmee gegooi om my aandag te kry. Na die byeenkoms het Rohan op Facebook vir my geskryf om te onthou om die papiertjies uit my hare te haal voor ek gaan slaap. Rohan se manier van my aandag kry het verseker gewerk en ek het dadelik geweet hier is iets aan die broei!
Nie lank nie en ons altwee is verlief en verlore.
Weke het verander in maande, en maande het verander in 10 jaar!
Op 1 Julie 2023 het Rohan op die strand my gevra om te trou, op dieselfde plek waar hy my gevra het om sy meisie te wees.
Op 20 Januarie 2024 word ons een!
Van hoërskool liefdes na Mnr en Mev Conradie.
Spesiale oomblik van troudag: Op ‘n dag soos jou troudag is dit moeilik om net een spesiale oomblik uit te sonder. Ons troudag was verseker gevul met vele spesiale oomblikke, maar as ons ‘n oomblik moet kies wat ons nooit sal vergeet nie is dit die moment wat ons mekaar vir die eerste keer sien. Dit is die oomblik wat jy besef nou begin alles waarvan ons albei nog altyd gedroom het. Die oomblik van – vandag word ons een!
Onthaalplek: Bakenhof Winelands Venue
Dorp/Stad: Wellington
Beskryf die troue in drie woorde: Geseënd, Perfek, Asemrowend
Troudatum: 20/01/2024
Fotograaf: Chantel & May