


Bruid: Carla Croukamp
Bruidegom: Izak Croukamp
Liefdesverhaal: Op ‘n baie jong ouderdom het ek gebid en God gevra dat ek graag my trouman op ‘n jong ouderdom wil ontmoet, en so het ek vir Izak op 16 jarige ouderdom ontmoet. Op 26 Junie 2018 het ek saam my jonger boetie en sussie by hulle Laerskool gaan tennis speel. Izak het daardie jaar Krieket afgerig en die krieketnette was reg langs die tennisbaan. Hy het my daar raakgesien en my met sy mede-afrigters bespreek. Een van sy mede-afrigters was saam my op skool en het my nommer vir Izak gegee. Daardie selfde dag het Izak vir my ‘n boodskap gestuur. Ons het saam begin kuier en dadelik van mekaar begin hou. Drie maande na ons ontmoet het, het ons begin uitgaan. Ons het 4 jaar uitgegaan voordat ons verloof geraak het en ‘n jaar later is ons getroud.
Spesiale oomblik van troudag: My en Izak se ouma’s was ons blommemeisies en my oupa was ons hofknapie.
Tydens ons fotosessie het die seremoniemeester vir die gaste ‘n dans geleer. Deur die loop van die aand het die gaste ons met die dans geflashmob.
Die pa en dogterdans het ook in ‘n flashmob verander. Ek en my pa het los begin dans, waarna Izak, die strooimeisies en strooijonkers saam begin dans het.
Onthaalplek: Kuungana Bush Lodge
Dorp/Stad: Pretoria
Beskryf die troue in drie woorde: Onvergeetlik, Liefde, Oorvloed
Troudatum: 01/12/2023
Fotograaf: Seugnet Smit