Carla Joubert



Bruid: Carla Joubert



Bruidegom: Josua Joubert



Liefdesverhaal: Pas gematrikuleer kruis ons paaie rakelings as ‘n kloekie en ‘n kuiken op die koshuis se stoep. “Just a small-town girl and a city boy” het mekaar beter leer ken om ‘n anatomie disseksie tafel wat tot die eerste koffie afspraak gelei het. Die afsprake het daarna nooit gestop nie en ons verhouding het in studiebreuke, deur “lockdown”, vakansies saam met familie en vriende, staptogte en wedlope net verdiep. Vyf jaar later het ons beide ‘n graad en is met groot genade op dieselfde dorp geplaas vir ons internskap. In Desember 2022 het Josua ‘n opwindende staptog in Robberg Natuurreservaat gereël, wat min wetend vir my op DIE groot vraag en ‘n bederf piekniek uitgeloop het. Sonder twyfel was die antwoord ja en minder as ‘n jaar later het ons die knoop deurgehak met ‘n onvergeetlike makietie.



Spesiale oomblik van troudag: My droom om in my ma se trourok wat deur beide my oorlede oumas gemaak is te trou, is deur Casper Bosman bewaarheid. Voor ons diens het ons saam gebid sonder om oogkontak te maak. Ons beloftes in die kerk was persoonlik geskryf. Ons troudag het 4 seisoene gehad en net soos die weer verander het, is Josua verras met ‘n korter “party dress”. Laastens was my ouers finaliste in 1994 met dieselfde rok!



Onthaalplek: Oranje Gasteplaas



Dorp/Stad: Fouriesburg



Beskryf die troue in drie woorde: Dankbaarheid, Genade, Verrassings



Troudatum: 21/10/2023



Fotograaf: Tales of Light



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media