Carmen Engela




Bruid: Carmen Engela



Bruidegom: Thomas-Willem Engela



Liefdesverhaal: Thomas en ek het in 2014 ontmoet toe ons net 14 en 15 jaar oud was. Ons het baie van mekaar gehou, maar ons was einklik nog te jonk en het besluit om net vriende te wees. Na ‘n wonderlike Desembervakansie in Heroldsbaai het ek en sy sussie beste vriendinne geword, en deur die jare heen het ek en Thomas gereeld mekaar in sy ouerhuis se gange raakgeloop. Elke keer as iemand my hart gebreek het, was Thomas die eerste persoon wat ek gebel het vir ‘n drukkie, want sy drukkies is steeds die beste. In 2020 het ons paaie weer gekruis en na nege jaar vandat ons ontmoet het, het ons op 2 September 2023 getrou, en nou kan ons die res van ons lewens saam deurbring.



Spesiale oomblik van troudag: Ons het ‘n trouweek gehad saam met al ons gunsteling mense. Die aand voor ons troue is ons saam groot gedoop in die see. Terwyl ons seremonie aan die gang was, was daar ‘n walvis in die see en ‘n visarend wat oor ons gevlieg het. Albei het sulke mooi betekenisse, en ons voel ons was daarmee geseën.



Onthaalplek: Privelistea Wedding & Function Venue



Dorp/Stad: Stilbaai



Beskryf die troue in drie woorde: Elegant, Geseënd, Makietie



Troudatum: 02/09/2023



Fotograaf: That Other Couple


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media