Bruid: Cecile Dixon
Bruidegom: Alessio Botha
Liefdesverhaal: Ons verhaal het begin by Irene en Helshoogte skakel in 2013. Ons het dadelik besef ons hou van mekaar se energie. Ons het die laaste Universiteitsdans saam geniet en daarna was die koël deur die kerk! Maart 2022 was vriende en familie almal saam in die Kaap. Uiteindelik kon Alessio bietjie alleen tyd kry deur al die kuiers. Terwyl ons oor die vriendin se troue gesels, het ek die gewone skimp sinnetjie gebruik: “Like we’ll ever get married”. Skielik was Alessio op sy knieë in die sand! Die oomblik was so onwerklik: ek is besig om ‘n tipiese Clifton strand dag te geniet met die warm Afrika son, roomys-verkopers wat roep: “Ice cream, Ice cream lollie to make you jollie. “ Die volgende oomblik pryk die mooiste ring aan my vinger en die man van my drome het sy jawoord gekry…
Spesiale oomblik van troudag: ‘n Wille Kaapse wind het bly terg en my sluier speels gegryp toe ek en my Pa na die Kerkie stap: die ligte oomblik het Alessio help asemskep…
Geen materiele versiering het meer saak gemaak, as om hierdie groot oomblik van verbintenis met al die mense wat ek lief het te kon deel met my eggenoot se oë wat my telkens soek en sein: dat ek vir hom mooi is en dat hy my lief het.
Onthaalplek: Belair Pavilion
Dorp/Stad: Paarl
Beskryf die troue in drie woorde: Liefde, Vreugde, Fees
Troudatum: 23/09/2023
Fotograaf: Lauren Pretorius