Bruid: Cezanne Vorster
Bruidegom: Dewyk Vorster
Liefdesverhaal: Op ń kraglose Maandag oggend in 2013, het ek ń boerseun ontmoet wat gedink het dit is ń goeie “conversation starter” om vir my te sê; “As mens so na jou wilde krulletjies kyk, kan mens sien die koshuis het nie krag gehad nie.” Blykbaar was dit sy manier om te sê ek lyk mooi! Na ons mekaar ń week geken het, het hy my uitgevra. Ek het eers nee gesê, maar toe hy ń week later wéér probeer, het ek ingegee.
In 2018 vra Trou SA ons om vir hul tydskrif ń fotosessie te doen. In ons berig het hul gevra waar ons onsself sien oor 10 jaar. Ons het geantwoord “Ons bid dis iewers met ń wondermooi uitsig, langs mekaar, vol koffie-stoep-kuiers. En kyk waar is ons nou!
Na baie sakke sout & ń ruk uitmekaar wees, het God wéér bewys, Hy weet altyd beter!
Spesiale oomblik van troudag: Alles! Die seremonie-boodskap het almal se hartsnare geroer. Dewyk is nie ń briefie-man nie, so sy brief in my trouboks was só spesiaal. Die oomblik toe almal The Blessing kliphard saam sing. Die paadjie saam my Pa, toe ek my blomme gee vir my ma. Ons het heel naweek troue gehou! Die trou video wat ek later met my Oupa-hul kon deel (wat nie daar kon wees) Die venue mense (Marius) was ongelooflik!
Onthaalplek: The Rosendal Country Retreat
Dorp/Stad: Rosendal
Beskryf die troue in drie woorde: God, Was, Teenwoordig
Troudatum: 18/11/2023
Fotograaf: George & co