


Bruid: Chaney Mason
Bruidegom: Matthew Mason
Liefdesverhaal: Ek het saam met my vriend na die Lentedag fees toe gegaan waar ons klomp van sy vriende ontmoet het. Matthew het na my toe gedans en sonder ‘n behoorlike voorstelling, het hy my probeer soen. Natuurlik, het ek hom NIE GESOEN NIE. ‘n Paar weke later het ons aksiekriek gaan kyk, en Matthew was ook daar. Ek het hom gegroet en later het hy vir my ‘n vriendversoek op Facebook gestuur. Ons het begin gesels en die res was geskiedenis. 2 weke later stuur ek al die fotos van Lentedag vir hom. Toe sê hy vir my hy is nog heeltyd opsoek na my. Hyt onthou wat ek gedra het maar nie my naam nie. Hy het deur elke hashtag #Lentedag2017 foto gegaan maar hy kon nie my Instagram profiel opspoor nie. Uiteindelik het hy my gevind! Ses jaar later, ‘n langafstandverhouding en al, het ons uiteindelik getrou!
Spesiale oomblik van troudag: Ons het ‘n oomblik vir ons self gevat om alles in te neem. Ek het vooraf ‘n “Just Married” koek bestel. Ek en Matthew het met ons trou klere en al in die bad gaan sit en dit geniet. Dit was ‘n hoogtepunt, ‘n “wow, we did it moment”. Ons het gepraat ons die vriende, ons familie, die toesprake en hoe lief ons vir mekaar is.
Onthaalplek: Bell and Blossom Wedding Venue
Dorp/Stad: Pretoria
Beskryf die troue in drie woorde: Pret, Liefde, Tydloos
Troudatum: 26/01/2024
Fotograaf: That other couple