Chanique Hennings




Bruid: Chanique Hennings



Bruidegom: Jungqo Hennings



Liefdesverhaal: Ons liefde het begin deur n skelm kyk oor die muur. Op 17 het ek sie ma van my drome ontmoet. Dit was so romanties, hy het sy liefde aan my verklaar deur vir my n briefie te skryf, jy kan nou net dink…. My knieë was lam. Hy was regtig baie “old school” gewees en is vandag nog. Na drie jaar van ons verhouding het hy my gevra om te trou by die pragtige Danielsrust waar ons teiken gaan skiet het met die vraag klein geskryf maar n groot JA en nee op die bladsy. Ek sal nie n dag verruil om weer my ongelooflike man te ontmoet nie. Ons het toe net onder n jaar daarna getrou by die pragtige Oakfield farms. Wow, dit was prentjiemooi! Elke oomblik van die dag het meer as perfek uitgespeel waar ons saam voor God een geword het. Ons liefde is tog só oneindig.



Spesiale oomblik van troudag: n Spesiale oomblik was virseker ons tydjie alleen waar ons foto’s gaan neem het net om mekaar in daardie oomblik te hê en die realiteit van nou in te neem. As ek terugdink dink ek net hoe emosioneel ons was om te besef waar ons is en dat die dag uiteindelik aangebreek het.



Onthaalplek: Oakfield farm



Dorp/Stad: Muldersdrift



Beskryf die troue in drie woorde: Sprokiesmooi, Emosioneel, Opwindend



Troudatum: 30/09/2024



Fotograaf: Hilda Mans


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media