Bruid: Chanté van Rensburg
Bruidegom: Dewald van Rensburg
Liefdesverhaal: Ons het n spesiale ontmoeting gehad. Dewald het as n oord bestuurder gewerk by n gastehuis in Limpopo. Hulle het n dames bestuurder gesoek ek het my cv ingestuur en hy het my gekies.Om saam te werk het sy uitdagings gehad, ek kon die man nie uitstaan nie en geduld was nie sy sterkste punt nie. Een aand met beurtkrag het hy my verras met n piekniek onder die maanlig en sterre van die Soutpansberg berge. Sedert daardie aand het ons mekaar begin leer ken en lief kry.Ons deel n passie vir reis. Ons werk oorsee op passasiers skepe en geniet elke oomblik saam. Ons het verloof geraak in Amsterdam, getrou in Springs en wittwbrood gehou in Italié.
Spesiale oomblik van troudag: Ons troudag was baie spesiaal vir ons, ons het 14 maande aan ons troue beplan. Die oomblik wat ons mekaar gesien het was groot, met trane blydskap en groot glimlagte met harte wat oorloop. Ons het elkeen ons eie huweliks beloftes geskryf en dit vir mekaar gelees. Dit was baie spesiaal. Ons troudag was beslis besonders.
Onthaalplek: Riverside Country Estate
Dorp/Stad: Springs
Beskryf die troue in drie woorde: Ons, Vir, Ewig
Troudatum: 27/01/2024
Fotograaf: Chantelle Loots