Bruid: Christene deConing-Botha
Bruidegom: Jacques ‘Skillie’ Botha
Liefdesverhaal: Ons is albei trou fotograwe.
Ons het ‘n pad gestap waar ons ‘n paar groot storms teëgekom het. Uiteindelik het ons paaie gekruis en het vrede gevind soos nog nooit vantevore nie.
Daar was vrede in haar oë en ‘n sagtheid in haar hart wat ek nog nooit geken het nie. Hoe langer ons mekaar leer ken het, het dit al meer vir my gevoel of ek by die huis aangekom het. Sy is huis.
Ons praat elke dag, ons praat oor elke ding groot of klein wat op ons harte is en ons gee ongelooflik baie om vir mekaar en vir ons hartsmense. Hoe ons met mekaar praat, met respek en geduld is vir ons baie belangrik. Ons het so baie liefde vir mekaar en dis ‘n fees om die lewe saam te kan leef.
Ons leef nie vir die groot oomblikke nie, maar die klein tussen-in – dit maak die grootes baie meer kosbaar.
Spesiale oomblik van troudag: Die seremonie was vir ons albei die hoogtepunt van die dag. Ons was in die natuur in die veld. Toe ek haar sien aankom op die voertuig was ek kinderlik opgewonde – ons het ons hande na mekaar toe uitgesteek en toe sy arriveer kon ons saam voor al ons beste mense hierdie mooi reis begin as getroudes. Om vir mekaar ons persoonlike beloftes te kon maak was ook verseker ‘n hoogtepunt.
Onthaalplek: Bartholomeusklip
Dorp/Stad: Wellington
Beskryf die troue in drie woorde: Intiem, Natuurskoon, Hartsmense
Troudatum: 03/02/2024
Fotograaf: Nina Buys