Clarizna van der Merwe



Bruid: Clarizna van der Merwe



Bruidegom: Jaco van der Merwe



Liefdesverhaal: Ons liefdesverhaal het begin op die skoolbanke. Ons het mekaar geken, maar nooit regtig gesels nie. Hy was ouer, en ons het eers in Desember 2010 amptelik mekaar ontmoet. Alhoewel daar ‘n stille aantrekkingskrag was, het die tyd ons paaie van mekaar geskei.Jare later, in 2013, het ons weer by mekaar gevind. Die herontmoeting was soos om ‘n verlore deel van onsself terug te vind. Ons liefde, wat jare gelede begin het, het met groter volwassenheid en begrip herleef. Vanaf daardie dag het ons saam die lewe se uitdagings en oorwinnings beleef. Ons het mekaar in moeilike tye ondersteun en saam die vreugdes van elke dag gedeel. Ons liefde het gegroei en verdiep, en elke dag saam herinner ons aan die waarde van geduld, begrip, en die krag van ware liefde.



Spesiale oomblik van troudag: Een van die mees spesiale oomblikke van ons troudag was toe ek by die trappe afstap en my man daar onder sien staan. Die wêreld het vir ‘n oomblik stilgestaan. Ek het geweet ons het die regte keuse gemaak. Elke oomblik van die dag was vir ons kosbaar. Van die eerste oomblik wat ons mekaar gesien het, tot die vieringe en lag saam met familie en vriende.



Onthaalplek: Bergland Venue



Dorp/Stad: Worcester



Beskryf die troue in drie woorde: Onvergeetlik, Vreugdevol, Liefdevol



Troudatum: 30/03/2024



Fotograaf: Chantall Marshall



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media