Danel Booysen



Bruid: Danel Booysen



Bruidegom: Marnus Booysen



Liefdesverhaal: Ek en Marnus het 16 Junie 2021 op die dag van Level 4 lockdown mekaar op ń “blind date” ontmoet. Marnus was skepties oor die ontmoeting, want sy swaar het vir hom al ń paar koffie “dates” gereel en dit het net nooit uitgewerk nie. Ons het afgespreek om mekaar 18:30 die aand by Cuppachino’s te ontmoet. Hy was eerste daar. Toe ons daar kom groet ons mekaar met ń drukkie. By die deur hoor ons dat die restaurant 20:00 toe maak en ons nie kan help nie. Die enigste plek wat ons kon help was Spur. Ons gaan toe in en hoor dat hulle net koffie kan aanbied omdat die kombuis reeds toe was.
Ons het gaan sit en toe is dit tyd om die maskers af te haal. WOW! Daardie glimlag!
Die volgende Woensdag gaan eet ons sushi en Donderdag toets ek positief vir Covid. Toe is ons albei in kwarentein vir 10 dae.



Spesiale oomblik van troudag: Ons dag was ongelooflik. Vol liefde, geluk en lag saam vriende en familie. Die personeel het ons op hulle hande gedra. Ons was oor niks bekommerd nie. Ons moes 15:00 trou, maar ek was so laat ek het eers 15:30 ingestap. Daar was ń ligte briesie in die lug en die voëls se tjirp kon duidelik gehoor word. Ons het ons aand omgedans. Die tyd het net te vinnig verby gegaan. Ons wens die dag elke oor.



Onthaalplek: Venue Nouveau



Dorp/Stad: Zwavelpoort



Beskryf die troue in drie woorde: Liefde, Ongelooflik, Verwagtinge oortref



Troudatum: 11/08/2023



Fotograaf: Stephan Coetzee



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media