Bruid: Dani Lombard
Bruidegom: Daniel Lombard
Liefdesverhaal: “Dani, jy sal die ou lovveeee”. Dit het alles begin met Nina, ons gemeenskaplikke vriendin, wat in klas vir my vertel het oor die ou wat klip hard praat en lekker kan dans. Daniel het Nina matriek-afskeid toe gevra and the rest is history … ek grap, dit was die begin van n baie lang wag storie, want sodra ek Daniel ontmoet het, het ek geweet hy was die een – en 4 jaar na ek hom ontmoet het ons die bevestig deur om ons beloftes aan die Here en mekaar te maak. Nina het ons toe voorgestel aan mekaar by 1ste jaars kerkkamp in Stellenbos. Van daar af het ek altyd Daniel gehoor voor ek hom gesien het en eendag het hy uiteindelik my nr gevra vir koffie, en ons het nog nooit ophou gaan vir koffie nie, al wat nou verskil is Daniel betaal altyd vir die koffie.
Spesiale oomblik van troudag: Ek en Daniel het gese ons welkom reen enige tyd op ons trou dag, careful what you wish for. Onvoorspelde reen het toe opgedaag, maar toe ek uit die kar klim om by die aisle af te stap – Het die reen heeltemal opgehouden tot die einde van die seremonie. Ons Vader is so goed vir ons.
Onthaalplek: Dwarsberg
Dorp/Stad: Rawsonville
Beskryf die troue in drie woorde: Vreudgdevol, Geel, KOSbaar
Troudatum: 07/10/2023
Fotograaf: The knoxs