Bruid: Deandré Gouws
Bruidegom: Drickus Gouws
Liefdesverhaal: Terwyl ons graad 8 by Hoër Volkskool se saal ons bekroningsaand bywoon; het Drickus is sy stoel omgedraai en reguit in my glimlag vas gekyk! Hy was blykbaar toe al verlore. Na baie rosies & roomys aandra het ek uiteindelik 5 jaar later ingestem om saam met hom matriek afskeid toe te gaan- duidelik gemaak dis n vriendskap. Na skool is ons gekeis op die brug met n boks pizza & chocolates. ‘n Trip saam na Amerika, n toer deur die Kaap en ons word verloof in Heidelberg se parkie, in 2022! Na n verlowing, huis koop en huis opknapping trou ons in Maart 2023.
Ons verwelkom ook ons 3de Gouwsie 3 Feb 2024!
Spesiale oomblik van troudag: Ek glo my spesiale oomblik was om uit ons eie volla te klim, pa het my aan die arm en die trane sit vlak. Soos ons nader stap is elke geliefde hier langs ons om die dag te vier. Maar dis die oomblik wat ek langs Drickus staan en weet dat hierdie is verewig! Hierdie liefde gaan die toets van tyd kan staan! Ons het mekaar lief en maak ‘n verewige belofte voor God!
Onthaalplek: Naveh Guestfarm
Dorp/Stad: Heidelberg Gauteng
Beskryf die troue in drie woorde: Bekoorlik, Tydloos, Lewenslank
Troudatum: 04/03/2023
Fotograaf: Michael Tree