


Bruid: Doré Knoetze
Bruidegom: Francois Knoetze
Liefdesverhaal: Was dit in die ambassade of in die SS? Daar is, soos met gewone stories wat meer as een persoon behels, meer as een weergawe hiervan. Ek (Doré) gaan my bes probeer om die storie so objektief moontlik te vertel.
My en Francois se paaie het dikwels gekruis. Hy het egter toe lang hare gehad en ek is in my konserwatiewe gemeenskap geleer om nie mans met lang hare te vertrou nie. Ons het wel in ‘n groter groep in die SS studeer.
Een middag was Francois besig om sy visa-aansoeke vir ‘n sokkertrip in orde te kry. Hy was uitgesproke oor die feit dat hy nou al eenmaal probeer het om sy visa te kry en dat hy nié lus is om weer in die verkeer te sit óf om sy klas te mis nie. Ek stel toe voor dat hy ophou kla en eerder ‘n uitstappie daarvan maak. “Wat doen jy Vrydag 11:00?”, was sy antwoord.
Spesiale oomblik van troudag: As naamkaartjies, het Doré elke gas se gesig geskets en ‘n persoonlike briefie, soms paragrawe, vir elkeen geskryf. Hul reaksies tot die briefies was ‘n hoogtepunt. Ander hoogtepunte: dat Francois se ma die blomme gedoen het, die “welcome-sign” wat Doré se pa gemaak het, haar broer wat tot redding gekom het, die liedjie wat hul vriend gesing het, die nagmaal, die swembad-spring na die troue!
Onthaalplek: Cavalli Estate
Dorp/Stad: Stellenbosch
Beskryf die troue in drie woorde: Persoonlik, Geseënd, Feesmaal
Troudatum: 04/11/2023
Fotograaf: Film&Fig