Bruid: Elaine Louw
Bruidegom: Janus Louw
Liefdesverhaal: Sy van Vanderbijl,
Hy van Bloemfontein:
As skoliere in Mimosa Mall ontmoet,
gou het die liefde gewoed!
Met die Citybug gependel
om die verlange te stil..
Daarna as Pukke saam-saam
gewandel in “Lovers”-laan!
Ses jaar later op 2/12/2023,
Breek ons troudag uiteindelik aan…
‘n Dag vol lag, pret en samesyn
Feëligte, kerse, blomme en wyn…
Sy lyk soos ‘n prinses en hy hy stort ‘n traan
Ons sweer trou en tyd gaan staan..
“Sparkels” flikker terwyl ons dans,
Pappa en dogter kry ook ‘n dans kans
Pragtige foto’s, heerlike kos en baie lag,
Ons koester in ons harte dié kosbare dag!
Ons sweer vir altyd trou,
uiteindelik Mnr en Mev Louw.
Spesiale oomblik van troudag: Die hele dag was so emosioneel en wonderlik, dit is moeilik om een oomblik te kies. Maar toe die deure van die kapel oopgaan en ons oë mekaar vind, het ons albei trane gehad en dit is ‘n oomblik waaraan ons gereeld dink en na terugkyk!
Onthaalplek: Rolling water
Dorp/Stad: Pretoria
Beskryf die troue in drie woorde: Onvergeetlik, Spesiaal, Wow
Troudatum: 02/12/2023
Fotograaf: The Tiemensmaa