Bruid: Elrencia Snel
Bruidegom: Zander Snel
Liefdesverhaal: Alles het begin op Stellenbosch met die Eerstejaars Verwelkoming in 2017 by Majuba-manskoshuis. Aangesien my kamermaat ‘n goeie skoolvriendin van Zander was, het ons mekaar gereeld gesien. Hy het onmiddellik ‘n opregte konneksie gevoel, en besluit om my oor die volgende jaar beter te leer ken. Die gereelde kuiers het uiteindelik in November 2018 tot ‘n vaste verhouding gegroei, waar Zander my langs die Eersterivier uitgevra het terwyl ons gaan draf het. Ons het toe baie herinneringe saam gemaak, wat ons vandag nog koester. Ons het albei saam graad gekry in Desember 2022, wat ons toe saam kon vier. Zander het my vir oulaas weer gevat na ons plekkie langs die Eersterivier en net daar het hy my gevra om met hom te trou. Stellenbosch sal altyd die hart van ons liefdesverhaal bly.
Spesiale oomblik van troudag: Ons is albei natuurliefhebbers. Nadat dit die oggend nog gereën het, het die wolke gelig en kon ons die mooiste buitelug seremonie onder die akkerboom hê. Terwyl die sonstrale deur die vars lente-groen blare geskyn het, kon ons hardop aan mekaar trou beloof. Met die vrolike geluid van die vinke wat fluks nes bou, as agtergrond, het ons die Here se teenwoordigheid aangevoel op hierdie spesiale dag.
Onthaalplek: Murasie Wedding Venue
Dorp/Stad: Gansbaai
Beskryf die troue in drie woorde: Sprokiesmooi, Liefde, Fees
Troudatum: 30/09/2023
Fotograaf: Michelle en Gustav Geldenhuys