Bruid: Elria Herbst
Bruidegom: Wessel Herbst
Liefdesverhaal: Ons paaie het in 2016 in die kerk gekruis – ek, ‘n eerstejaarstudent en Wessel, ‘n diaken. Aanvanklik het ek nie veel notisie van hom geneem nie, want hy is vyf jaar ouer. ‘n Paar jaar later (in 2019), by ‘n kerkkamp, het ons liefde vlam gevat. Drie jaar later, op 13 Mei 2022, het hy die ja-woord gevra en op 24 Junie 2023 het ons in dieselfde kerk trou aan mekaar beloof.
Spesiale oomblik van troudag: Die 20 minute-rit in die troukar van die kerk na die venue was spesiaal – ons twee alleen as pasgetroudes… Die gewyde seremonie in die kerk waar alles begin het, was besonders.
Onthaalplek: Pheasant Hill Boutique Hotel, Wedding & Function Venue
Dorp/Stad: Pretoria
Beskryf die troue in drie woorde: Idillies, Samesyn, Franse-elegansie
Troudatum: 24/06/2023
Fotograaf: Chrisna Oppermann en “second shot” Nicola Wakeford (Photogenetics)