Emma Vergottini



Bruid: Emma Vergottini



Bruidegom: Lee Vergottini



Liefdesverhaal: Ons verhouding het begin twee dae voordat ek vir drie maande na Italië sou vertrek (Januarie 2020). Ek was van plan om daarna huis toe te kom, en dan permanent terug te gaan. Elke aand het hy my per WhatsApp gevra vir ‘n “date” en my dan gebel. Ons het ure en ure gesels. Ons het vinnig besef ons ontwikkel gevoelens waarvan ons baie seker was, in ‘n baie onsekere tyd. Vyf weke het verbygegaan, en ek het besluit om huis toe te kom, weens onvoorsiene omstandighede (COVID-19). Verder was alles anders net geraas.
Sedertdien, het ons die meeste van ons tyd eerlike, rou en suiwer oomblikke saam mekaar gedeel. Om mekaar te verstaan, by mekaar te leer en saam te groei. Ons lag saam en ons huil saam. My beste vriend. Hy is my huis, my hart en ek is syne. Ewig en onvoorwaardelik lief.



Spesiale oomblik van troudag: Alles was perfek. Die sprokies seremonie was ongelooflik, die samesyn en heerlike kos was uitmuntend en ons “first dance” was tops. Elke oomblik was eerlik, emosioneel, liefdevol en uiters romanties.
Die mees spesiale oomblik van ons troudag? Die intimiteit van ons eerste oomblik saam as man en vrou. Niks kom naby nie.



Onthaalplek: Emily Moon River Lodge



Dorp/Stad: Plettenbergbaai



Beskryf die troue in drie woorde: Intiem, Samesyn, Suiwer



Troudatum: 02/09/2023



Fotograaf: Franzoa Media



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media