Erin Ferreira




Bruid: Erin Ferreira



Bruidegom: Rikus Zaayman



Liefdesverhaal: Ek en Rikus het mekaar in September 2018, by vriende van ons se kaas en wyn aand, ontmoet. Die volgende dag het ek met groot opgewondenheid vir my ouers vertel dat ek my trouman die vorige aand ontmoet het. Dit was liefde met eerste oogopslag. Van toe af was ons saam en het hy my in Oktober 2018 gevra om sy meisie te wees. Ons het ‘n langafstandverhouding vir die eerste paar jaar gehad, want ek was ‘n student op Stellenbosch en hy het in Port Elizabeth gewerk. Nadat ek in 2020 graad gevang het, het ons besluit om ons vlerke saam te sprei en oorsee op die “super yachts” te gaan werk. Ons is huidiglik steeds in die “yachting” bedryf. Dis ‘n groot voorreg om die wêreld so saam te kan sien. Ons het in Oktober 2022 verloof geraak en in November 2023 vir altyd aan mekaar beloof.



Spesiale oomblik van troudag: Een van Rikus se gunsteling stokperdjies is gholf so dit was baie besonders om op ‘n gholfbaan te kon trou. Nog ‘n spesiale herinnering van die dag was ons troukar wat ‘n gholfkarretjie was. Toe dit tyd was vir die fotosessie het ons, die fotograaf, strooimeisies en strooijonkers almal hul eie gholfkarretjie gekry. Dit was groot sports! Hilde Malan se “live painting” was ook iets vir die boeke.



Onthaalplek: St Francis Links



Dorp/Stad: St Francis Baai



Beskryf die troue in drie woorde: Klassiek, Samesyn, Herinneringe



Troudatum: 11/11/2023



Fotograaf: Shaula Greyvenstein


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media