Esrané Oosthuizen



Bruid: Esrané Oosthuizen



Bruidegom: Francois Oosthuizen



Liefdesverhaal: Ons liefdesverhaal kan met een woord opgesom word naamlik “hoop” want as jou hoop in God lê laat Hy alles prentjie mooi uitwerk. Op die laaste drumpel van my finale jaar het die Engelse man van Mpumalanga die meisie van die Rosestad se voete onder haar uitgeslaan, net voor ek moes Kaap toe verhuis. Met meer as 1500 km tussen die wynlande waar ek my gemeenskapsjare voltooi het en die steenkoolvelde waar hy sy artikels voltooi het, het ons liefde nogsteeds geseëvier. Na 3 jaar vra hy my die groot vraag onder die kremetart boom op die plaas en op 17 Februarie in Bloemfontein op ‘n snikhete dag, met ons vriende, familie,selfs die engelse skoonfamilie uit Amerika, is dit die begin van ons grootste droom naamlik: hoop wat verander in “vir ewig”. Die Engelse man met sy Bloemfontein roos.



Spesiale oomblik van troudag: My ouma, na wie ek vernoem is, is 8 maande voor ons troue oorlede. My oupa het vir my die eerste ring wat hy meer as 60jaar gelede vir my ouma gegee het, gegee en ń seën oor my en Francois uitgespreek dat ons ook lank saam en gelukkig sal wees.
Ek het die paadjie na die kansel afgestap met my pa aan my sy en met die pêrelring as my “something old”… gekoester, spesiaal en kosbaar.



Onthaalplek: Monte Bello Estate



Dorp/Stad: Bloemfontein



Beskryf die troue in drie woorde: Tydloos, Elegant, Spesiaal



Troudatum: 17/02/2024



Fotograaf: JcClick



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media