Gardi de Villiers



Bruid: Gardi de Villiers



Bruidegom: Braam de Villiers



Liefdesverhaal: Ons het in 2017 ontmoet by een van Braam se familielede se huis. Braam se pragtige blou oë en goedhartigheid het my hart gesteel. Gardi se omgee hart het my dadelik verlief gemaak op haar.

Dit was die dag toe ons beide ons plek gevind het. Ons was daarna nooit weer sonder mekaar nie. Ons het geleer ons kan op mekaar staatmaak tydens moeilike tye en omstandigheide, dat ons albei ‘n sterk dryf het vir die lewe en dat ons altyd liefde in ons huis sal hê.

Ons verhouding is gebasseer op liefde, respek en vertroue. Ons gun mekaar die wêreld se geluk en voorspoed en glo vas aan “Happy Spouse, Happy House”.



Spesiale oomblik van troudag: Ons spesiale oomblik was in veelvoud. Ons het ontbyt saam geniet. Gedurende die seremonie het Gardi my hart weer gesteel toe ek haar sien in haar pragtige rok. Braam se glimlag en liefdevolle blou oë sal ek altyd onthou. Ons vriende en familie het die mooiste stories van ons verhouding gedeel. Ons dag was gevul met liefde en waardeering vir mekaar, ons familie en vriende, en die dag.



Onthaalplek: Hazendal Wine Estate



Dorp/Stad: Stellenbosch



Beskryf die troue in drie woorde: Stylvol, Intiem, Vreugdevol



Troudatum: 30/09/2023



Fotograaf: Alex Chris Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media