


Bruid: Hettie Steenkamp du Plessis
Bruidegom: Jean du Plessis
Liefdesverhaal: Ek en Jean het mekaar ontmoet by ‘n begrafnis. ‘n Baie geliefde Oom in ons omgewing is twee jaar terug oorlede. Die teraardebestelling was op die plaas en hordes mense het opgedaag. Nadat hy ter ruste gelê is, is die vure aangesteek. Ek het nie geweet dat daar ‘n kuier gaan wees nie but in true fashion. Gelukkig het my broer vir ons ‘n bottel wyn ingepak. Later beur ek deur die mense na my broer en sy vriende toe wat rondom ‘n cooler box vergader. Ek stel myself voor, vra vir ‘n glasie wyn en gesels vyf woorde. In die middel van die geselskap sê ‘n man aan my linkerkant: “Jy is verskriklik mooi!”. Ek het nie veel gedink van sy opmerking nie. Toe ek weg loop, draai Jean na my broer toe en sê: “Nou hoe voel jy nou oor die feit dat ons swaers gaan raak?”. Drie maande later was ons verloof.
Spesiale oomblik van troudag: Een van die spesiale oomblike: Jean werk in Amerika en het gedurende sy tyd daar het hy vir my boodskappe gestuur wat ek gestoor het. Terwyl my gevolg in gestap het, het van sy boodskappe gespeel. Meestal sê Jean net hoe lief hy vir my is maar dit was baie spesiaal en ek wens almal het ‘n ‘Jean’ in hulle lewe wat vir hulle so lief is en dit so gereeld en so duidelik declare.
Onthaalplek: Saronsberg, Tulbagh
Dorp/Stad: Saronsberg, Tulbagh
Beskryf die troue in drie woorde: Spesiaal, Lekkerste kuier, Tydloos mooi
Troudatum: 10/02/2024
Fotograaf: Lize van Lilac Photography