Ilze Labuschagne



Bruid: Ilze Labuschagne



Bruidegom: Zack Labuschagne



Liefdesverhaal: Die heel eerste ontmoeting was nie juis iets wat ons presies kan onthou nie. Ons het ontmoet in die Graad R Dolfyntjie klas. Vanaf daardie dag was daar nie ʼn tyd in ons lewe wat ons mekaar nie geken het nie.

Ons het saam tennis gespeel, redenaars gepraat en was saam hoofleiers in die Laerskool, en het selfs ʼn klein verhouding aangeknoop in ons Graad 7 jaar. In die Hoërskool was ons deel van dieselfde vriendekring en het elke pouse saam mekaar in die groep spandeer. Min het ons geweet wat die toekoms vir ons inhou.

Eerstejaar van Universiteit het ons paadjies geskei. Tydens die Covid-19 pandemie het ons, ons vriendskap weer hervat. Kort daarna het die liefde begin blom.



Spesiale oomblik van troudag: Ons fotograwe het vir ons 10 minute alleen gegee om net alles in te neem en net bietjie in ons eie “bubble” te wees. Terwyl ons sit en gesels onder ‘n groot Ficus boom, het dit liggies op ons begin reën. Die interessante ding was dit het net op ons begin reën en nêrens anders rondom ons nie. Hierdie oomblik het regtig vir ons net gevoel Die Here het ons kom seën op ons spesiale dag.



Onthaalplek: Stoorhuijs Wedding Venue



Dorp/Stad: Mooinooi



Beskryf die troue in drie woorde: Gesellig, Romaties, Feestelik



Troudatum: 16/09/2023



Fotograaf: That Other Couple



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media