Ilze Mostert



Bruid: Ilze Mostert



Bruidegom: Wessel Mostert



Liefdesverhaal: Ons liefdesverhaal het tien jaar gelede tussen die liggies op Kersdag begin. Daardie eerste ontmoeting het ‘n vonk in ons harte geslaan wat ons op ‘n reis van liefde geneem het. Ons gedeelde liefde vir reis het ons nader aan mekaar gebring, van eksotiese bestemmings tot intieme wegbreeknaweke. Op 1 Januarie 2023 het jy my met die aftel na nuwejaar in Mosambiek gevra om jou vrou te wees, en ons het ons volgende hoofstuk begin. Die grootste geskenk het gekom met die geboorte van ons seuntjie op 17 Augustus 2024, wat ons liefde verdiep het.



Spesiale oomblik van troudag: As modeontwerper het ek geweet dat ek my eie trourok moes skep—iets besonders wat my styl en die liefde tussen my en Wessel weerspieël. My ma en ek het die rok, sowel as dié vir my bruidsmeisies, met sorg gemaak. Ons troue by Beaurain Landgoed buite Heidelberg was ‘n droom, gevul met sonskyn, liefde, en betekenisvolle oomblikke wat ek altyd sal koester.



Onthaalplek: Beaurain



Dorp/Stad: Heidelberg



Beskryf die troue in drie woorde: Liefdevol, Geseënd, Blydskap



Troudatum: 09/09/2023



Fotograaf: Splendid



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media