Inge Swanepoel




Bruid: Inge Swanepoel



Bruidegom: Werner Swanepoel



Liefdesverhaal: Van vriende na verlief na verloof en toe viraltyd. Ons het deur vriende ontmoet op universiteit in 2018, saam begin kuier. Werner was verlief met die eerste oogopslag. Ek het eers die kat uit die boom gekyk. Na n paar weke en ons eerste “date” het ek geweet die man is n “keeper”. Werner het vir een van sy vriende vertel hy gaan met my trou nadat hy my oë gesien het soos die lig daarin skyn. Ons is van toe af saam. In 2023 het Werner besluit om die groot vraag te vra op die strand terwyl die son sak. Ons het ja gesê vir viraltyd op 13 April 2024 by Rosemary Hill Farm in Pretoria. Dit was n ware fees van ons liefde vol dans en pret tot in die laat ure van die aand.



Spesiale oomblik van troudag: Tydens die dominee se preek het daar in sonstraal tussen deur een van die gapings in die kapel se balke in my oë geskyn . Die dominee vertel ons na die tyd hoe hy gesukkel het om te fokus oor hy verstom was oor my oë. Die dominee vra toe na die diens vir my om op dieselfde plek te gaan staan en sê vir Werner kyk hoe mooi is jou vrou se oë. Dit was vir ons n bevestiging van was van God se seën.



Onthaalplek: Rosemary Hill Farm



Dorp/Stad: Peroria



Beskryf die troue in drie woorde: Liefde, Fees, Perfek



Troudatum: 13/04/2024



Fotograaf: Ryno Steyn & Christo Griesel



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media