Ingrid Colesky




Bruid: Ingrid Colesky



Bruidegom: Johann Colesky



Liefdesverhaal: Ek en Johann het ontmoet terwyl ons geswot het op Potchefstroom, maar dit is nie waar ons liefdesverhaal begin het nie.
‘n Jaar daarna het ek in die Kaap begin werk en Johann was nog besig met sy Meesters toe hy my boodskap, toevallig kom hy kort na hierdie boodskap Kaap toe vir ‘n kuier. Ons liefdesverhaal het toe begin soos alle goeie liefdesverhale, by ‘n Braai.
Ons kon nie ophou gesels nie en was beide blitsig halsoorkop verlief. So het ons langafstand verhouding tussen die Kaap en Potch begin.
Johann is ‘n Namibiër en moes toe as gevolg van sy Visa na sy studies terugkeer huistoe – praat van langafstand! Maar met God se genade en BAIE gebede het hy na’n jaar ‘n RSA burger geword.
Net na hy in RSA aankom, slaan hy my voete finaal onder my uit toe hy my vra om sy vrou te word.



Spesiale oomblik van troudag: Ons belofte om saam te wees as man en vrou was een vreugdevolle hoogtepunt op ons eie familieplaas, Morgansvlei. Ons blydskap en dankbaarheid saam met ons geliefdes was tasbaar. Maar toe ek in die paadjie afloop en my geliefde se gesig sien, was dit ‘n heilige oomblik -‘n openbaring wat ons beide getref het: God het dit reeds voor ons geboorte so beskik dat ons mekaar altyd sal liefhê.



Onthaalplek: Morgansvlei Country Estate



Dorp/Stad: Tulbagh



Beskryf die troue in drie woorde: Vreugdevol, Heilig, Lekker



Troudatum: 06/01/2024



Fotograaf: The Tiemensmas


Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media