Isabel Viljoen



Bruid: Isabel Viljoen



Bruidegom: Stephan Viljoen



Liefdesverhaal: Dit is en bly vir ons ‘n wonderwerk uit die hand van die Here, hoe ons paaie gekruis het! Ons het albei (na groot gesoebat van vriende) by aanlyn-dating ingeskakel, op die laaste nippertjie toe ons altwee wou moed opgee, het ons bymekaar uitgekom. ‘n Langafstand verhouding van Johannesburg na die Oos-Kaap het gevolg. Na ‘n paar kuiers op die plaas, het ons besef die lang wag vir die regte maat is verby! 10 Maande later het die huweliksklokke vir ons gelui.
Ons is soos vinkel en koljander, die een kan nie sonder die ander! Ons vul mekaar so goed aan, ek die skaam enetjie en Stephan die ekstrovert. Ons leef ons droom op die plaas, hier in die Stormberge.



Spesiale oomblik van troudag: 1)Die opgewonde afwagting toe die kerkdeure oopgaan en ek na Stephan, my geliefde kon stap.
2) Dat al die familie van reg oor die land en oorsee gekom het om die blye dag met ons te deel.
3) Die predikant se besonderse boodskap, spesiaal van toepassing op ons lewe saam vorentoe.



Onthaalplek: Anderland



Dorp/Stad: Potchefstroom



Beskryf die troue in drie woorde: Gewyd, Feestelik, Sprokiestroue



Troudatum: 17/02/2024



Fotograaf: Mariette Walt Photography



Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media